Elizha Logo

Plaas jou Bestelling

Bestellings Form

Edit Template

Wat Ons Glo

Wat ons Glo:

Ons glo in die oorsponklike geskrewe, God-geinspireerde Ou-en Nuwe Testament. Ons aanvaar dit as die hoogste en finale gesag vir geloof en oorvloedige lewe.

Ons glo in een God wat vir ewig bestaan as drie persone: Vader, Seun en Heilige Gees.

Ons glo in Jesus Christus wat van God ontvang en deur die Heilige Gees verwek is en gebore is uit die maagd Maria. Ons glo dat Hy waarlik God is en waarlik mens geword het.

Ons glo dat God die mens na Sy eie beeld geskape het. Deur te sondig het die mense die straf van sonde, naamlik fiesiese en geestelike dood, in werking gestel.

Ons glo in heteroseksuele verhoudings tussen n natuurlike man en vrou binne die grens van ‘n wettige huwelik.

Ons glo dat Jesus Christus, volgens Skrif, vir ons sonde as plaasvervangende offer gesterf het en dat elkeen wat in Hom glo geregverdig word as gevolg daarvan dat hulle die Woord toepas in hulle lewe en so doende in geregtigheid begin staan op grond van Sy gestorte bloed.

Ons glo dat Jesus Christus fisies opgestaan het uit die dood en opgevaar het na die hemel en dat Hy so as ons Hoepriester en Voorspraak leef.

Ons glo in die persoonlike wederkoms van ons Here Jesus Christus.

Ons glo dat almal wat Jesus Christus deur die geloof aangeneem het en hulle van hulle sonde bekeer het, deur die Gees wedergeboorte is en daarom kinders van God genoem kan word.

Ons glo in die doping in die Heilige Gees, wat ons met krag beklee en ons toegang gee tot die gawes van die Gees waarmee ons ons dienswerk kan verrig. 

Ons glo in die Godsingestelde bediening van die Apostel, Profeet, Evangelis, Herder en Leraar. 

Ons glo in die opstanding van beide die regverdige en die onregverdige, die ewige geseendheid van die vrygekooptes en die ewige verbanning van almal wat die gawe van verlossing verwerp het.

Ons glo dat die wedergeboorte en persoonlike belyding van Jesus Christus noodsaaklik is om jou pad van heiligmaking te begin stap.

Ons glo die Bybel leer ons dat sonder heiligmaking niemand die Here sal sien nie. Ons glo in die leer van heiligmaking as n definitiewe, dog progressiewe werk van genade, wat by die wedergeboorte begin en voortduur tot en met die voltooiing van ons verlossing.

Ons glo dat die Here Jesus Christus twee sakramente ingestel het- die Doop in water en die Nagmaal, wat as gehoorsaamheid stappe onderhou moet word tot ‘n ewige getuienis aan die belangrikste feite van die Christelike geloof. Die doop is die onderdompeling van die gelowige in water as n belydenis van sy of haar identifikasie met Christus se dood en opstanding, en die Here se Nagmaal is die deelname aan die elemente wat simbolies is van die Verlosser se gebroke liggaam en gestorte bloed, tot herinnering aan Sy offerdood totdat Hy kom.

Ons glo dat daar in die Ou Testament vir Goddelike genesing voorsiening gemaak is, en dat Goddelike genesing n integrale deel van die Evangelie uitmaak.

Ons is oop vir verdere waarheid, wat die Heilige Gees uit die Skrif mag verlig.

Omstrede Sake :

Sekere Geloofsbewegings strook nie met ons geloofbelydenis en hiermee maak ons duidelik wat ons standpunt is rondom hierdie omstrede sake:

Judaisme: Ons volg nie hierdie lering en sienswyse nie, bloot omdat ek n droom gehad het waarin ons Vader aan my geopenbaar het dat die vyand hierdie geloofsoortuiging gebruik om bedienings  te aborteer.

Kontak ons vandag vir boek bestellings

Ons het n reeks boeke beskikbaar en DVD’s op bestelling. Dit kan nou gedoen word van af ons web tuiste. 

Elizha Bediening

Kontak ons vandag vir verdere inligting rondom ons Bediening

Offcanvas

Plaas jou Bestelling

Bestellings Form

Edit Template
Offcanvas

Kontak ons!

Kontak Form

Edit Template

© 2024 Created by Climbing Venus Marketing