Elizha Bediening

Verstommende Genade

27 Oktober 2026Afrikaans

Verstommende genade.

Dit is nou al algemene kennis dat daar iets soos dissosiasie bestaan. Hoe gebeur dit en hoe word mens weer heel?

Dit is ’n algemene vraag op almal se lippe. Eerstens wil ek herhaal dat ons Vader in die Hemel weet van dissosiasie en dat Hy ons geskape het soos ’n lemoen. Elkeen van ons het dele, en daardie dele word uitmekaar gebreek wanneer trauma plaasvind.

Ons gee die trauma vir ’n deel van ons om te dra. Om genesing te ontvang, moet ons weer teruggaan na daardie seer en daardie deel help om te genees.
Dit werk nie soos ons geleer is dat wanneer trauma plaasvind, ons ’n persoonlikheid skep wat daardie trauma dra nie.

Ons is nie die skepper nie. Ons Vader het ons met al ons dele van die begin af geskape. Ons word uitmekaar gebreek en moet weer herstel word. Geen deel van ons gaan voor ons Hemel toe of na enige ander plek nie, behalwe om net weer in eenheid te kom met jou as die "host" nie.

Die dele wat die trauma dra, skep wel ’n identiteit rondom wie hulle graag sal wil wees.
Die wonderlike nuus is dat almal kan herstel. Dit is wat Paulus ook vir ons sê. Net Jesus Christus kan ons help.

1 Tessalonisense 5:23 - En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus! (AOV)

← Alle plasings