Elizha Bediening

Jy kan een word met jou dele en dan as gesonde mens funksioneer.

21 Oktober 2026Afrikaans

Die inhoud van die boek wat ek geskryf het mag lyk of dit eenvoudig is en dat dit nie al die antwoorde het wat mens nodig het vir Dissosiasie nie.

Indien jy die beginsels in die boek Daar is 'n Stad... Daar is 'n Tempel... gaan toepas in jou pad van genesing, mag jy vind dat dit heeltemal moontlik is om volkome genesing te kry.

Die enigste vereiste is dat jy vir Jesus Christus moet aanneem as jou Verlosser en Saligmaker. Sonder Hom is dit onmoontlik om weer een te word. Veral wanneer van jou dele in die geesteswêreld vasgevang is of indien van jou dele geprogrammeer is.

Jy het die hulp van die Heilige Gees nodig om jou te help om los te kom.

Baie vra die vraag: Wat gaan van my dele word?

Hierdie is die mooiste deel van Dissosiasie. Jy gaan jou dele leer ken en sien wat elkeen se funksie in jou lewe is. Hulle weet baie goed wat hulle funksie is en hulle weet ook waar die plek was waar hulle ingepas het voordat die trauma gebeur het wat veroorsaak het dat hulle uit hulle plek uitgeruk is in 'n plek van isolasie in.

Ons Vader het ons siel soos 'n lemoen geskape. Elke skyfie het 'n funksie. Hulle kom staan jou by soos jy hulle nodig het. Daarom is dit nodig dat jy in eenheid met jou dele kom. Dan kan jy weer as 'n gesonde "lemoen" funksioneer met al jou "skyfies" in hulle plek.
Van jou dele (skyfies) kan gevange geneem word. Jy sal dit nie weet nie, maar wanneer dit gebeur sukkel jy om reg te funksioneer.

Ek gaan dit wat ek nou hier skryf vir jou verduidelik uit die Woord. Ons Vader weet dat hierdie kan gebeur en Hy vertel dit vir ons in Sy Woord.

Baie dinge wat jy lees in die Woord gaan nou vir jou begin sin maak omdat jy verstaan hoe jou siel aanmekaar gesit is. Jy gaan baie dinge in die Woord begin sien en dit hierdie keer verstaan.

Kyk uit... Ek gaan nog meer dinge hier skryf sodat jy kan verstaan hoe om weer gesond te word.

← Alle plasings