Elizha Logo

Plaas jou Bestelling

Bestellings Form

Edit Template

Webdagboek

Jy bly praat oor “Dissosiasie”.  Wat op aarde bedoel jy daarmee?  En “onopgeloste trauma”.  Wat is die probleem daarmee?  Trauma is deel van die lewe.  Almal van ons het een of ander tyd in ons lewe trauma belewe. Wat is nou eintlik so erg daaraan? 

…Né?

Miskien is jy bekend met ‘n ratkas, of ‘n enjin? 

Miskien is daar iemand in jou lewe wat met masjinerie gewerk het en het jy dalk hier en daar iets gesien van die komplekse en ingewikkelde manier wat dit werk?  Indien wel, mag hierdie prentjie jou dalk help om die antwoord op hierdie twee vrae te verstaan:  “Wat is dissosiasie?” 

En “Hoekom is dit so belangrik om die invloed van truama op ons lewe te verstaan?”.

My pa is ‘n motorwerktuigkundige. Hy spesialiseer in die herstel van massiewe trok ratkaste.

Hy plaas ‘n waarborg op sy werk want dit is vir hom belangrik dat die ratkaste waaraan hy gewerk het, so goed soos nuut sal werk wanneer hy met dit klaar is. Dit moet perfek werk.

Keer op keer het ek sy georganiseerde, bekwame hande gesien, soos hy die omhulsel van die ratkas oopmaak en die hoof as met al sy ratte op uithaal. Ek het gekyk hoe hy dit alles uitmekaar haal en elke deel versigtig was om ontslae te raak van al die olie en ghries. 

Wanneer dit skoon gewas is, pak hy dit netjies en georganiseerd uit op ‘n lap. Dan tel hy een van die ratte op en vryf met sy vinger oor ‘n vernielde stuk en sê, “Kyk hierso, hierdie is die sesde rat. Sien jy die stukkies wat hier uitgebreek het?” 

“Voel hoe duidelik jy dit kan voel” Wanneer jy dan jou vinger oor die klein happies wat weg is sou vryf, verduidelik hy verder, “Dit is hoekom hy uit sesde rat bly spring het.”

By ‘n ander geleentheid toe ek weer vir hom gaan kuier het, het hy ‘n hoof as opgetel wat heeltemal afgebreek het

. Ek het geskok gewonder wat op aarde kon soveel skade veroorsaak het dat die staal gebreek het? Die ratte was heeltemal verwoes. Tog het hy dit stukkie vir stukkie reggemaak en die ratkas weer aanmekaar gesit.

Hy het dan die ratkas in perfekte werkende toestand aan die eienaar terug besorg met ‘n waarborg. Wat ‘n fantastiese vakmanskap!    

Psalm 139:13-15,

“For You formed my inward parts;
You covered me in my mother’s womb.
I will praise You, for I am fearfully and wonderfully made;
Marvelous are Your works,
And that my soul knows very well.

 

My frame was not hidden from You,
When I was made in the secret place,
And skilfully woven together in the lowest parts of the earth.”

Hierdie Psalm se opskrif is, “God’s perfect knowledge of man” in die NKJV van die Bybel,  en watter wonderbaarlike hoeveelheid inligting bevat dit nie.   

Vers vyftien praat oor ons fisiese liggaam (my frame) en “the secret place” en “lowest parts of the earth.” Dit is eufemismes vir die baarmoeder.  As ons na die struktuur van ons weefsel onder ‘n mikroskoop kyk, vind ons dat ons letterlik aanmekaar geweef is!

En dan terug na vers 13: “You formed our inward parts”.  Hierdie verwys nie na ons organe (wat deel uitmaak van ons fisiese liggaam) nie. Nee, dit verwys na iets baie meer belangrik: ons siele!  Daardie misterieuse innerlike dele van ons wat ons in geen labrotorium kan observeer nie. Waar ons net kan rondtas en probeer verstaan wat het skeefgeloop en hoe om dit weer reg te kry, met die hoop dat ons tog iets kan doen wat help op ‘n manier, en nie alles erger maak nie. 

Kom ons gaan eers terug na die ratkas van ‘n groot trok. Ons sielsarea kan vergelyk word met al daardie ingewikkelde ratte en dele, elke moer en boud, selfs die pakkings wat alles mooi verseël. Ons siele is egter baie meer kompleks. God alleen verstaan volkome hoe al hierdie innerlike dele funksioneer en inmekaar pas.   

Die vraag dan: Wat is trauma? Trauma is emosionele skade.  Soos daardie sesde rat met die klein stukkies staal wat afgebreek is. Ons kan dit ignoreer en aangaan met ons lewe, soos baie van ons doen, maar elke keer wanneer ons ons “sesde rat” moet gebruik, sal dit skaaf en sukkel en nie reg werk nie en so gaan ons emosioneel kruppel deur die lewe. Hierdie trauma kan so eenvoudig wees soos dat jou ouers geskei het, of dat jy gevoel het dat jou pa jou boetie liewer gehad het as vir jou. Jy mag vind dat jy emosioneel onstabiel is wanneer jy moet deel met doodgewone emosionele gebeurtenisse in jou lewe. Jy sukkel om alledaagse gebeurtenisse reg te hanteer. Jou “rat” wat die emosies moet hanteer “gly” gedurig en werk nie soos dit moet nie. Jy doen en sê dan dinge wat jy nie wil nie.      

Maar terug na ons vrae: Ons praat nie eintlik oor ‘n enjin of ‘n ratkas nie.  Ons probeer ‘n ietsie van ons siele verstaan – daardie innerlike essensie van wat ons is, maar wat ons nooit kan sien nie, en baie van ons oor wonder.   

Die antwoorde op al ons vrae is te vinde by ons Skepper self. Die Een wat ons gevorm het in ons moeder se skoot en presies verstaan hoe ons sielsarea werk. Hy vertel vir ons alles omtrent die werking van ons siele in Sy Woord. Vir nou gaan ons kyk na die gedeelte in Psalm 139 vers 13 tot 15. Dit word so mooi in Engels gestel:

Wat is “dissosiasie” dan?  In kort: dit is wanneer een van daardie innerlike dele heeltemal losgebreek het en heeltemal uit plek uit is, en nie enigsins in staat is om te funksioneer soos dit moet nie.  Hoe gebeur dit?  Wanneer ons trauma beleef tydens ons vroeë kinderjare het ons nog nie die emosionele volwassenheid en kapasiteit om dit wat met ons gebeur te verwerk nie. Ons skei onsself van daardie traumatiese gebeurtenis deur dit vir ‘n deel van ons te gee en gaan aan met ons lewe.

Dit beteken dat ons die traumatiese gebeurtenis afsny en in ‘n deel van ons stoor, wat dan daardie inligting vir ons dra, sodat ons nie die hele tyd in kontak is met die traumatiese gebeurtenis se emosies nie. Daardie trauma moet een of ander tyd verwerk word anders sal dit vir die res van ons lewe ‘n invloed op ons emosies hê.

Wanneer ons die deel (gebreekte “rat”) wat die traumatiese gebeurtenis dra nodig het in ons alledaagse funksionering, gly daardie “rat” en dan vind daar emosionele wanfunksionering plaas. Ons mag dan totaal onredelik wees, onvolwasse, emotioneel “getrigger”, onlogies, kompulsief, en in kort: nie funksioneer soos ons behoort te doen in daardie situasies nie.  En dit gebeur oor en oor en oor.  Ons voel dan hopeloos en kan niks daaraan doen nie.   

Wanneer ons egter God se hand neem en met die hulp van Sy Gees ons eie paadjie na genesing stap, neem Hy ons terug na elke traumatiese insident. Die Heilige Gees wys vir ons watter deel van ons die spesifieke trauma gedra het en wat gebeur het. Ons kan dit wat gebeur het dan verwerk met Sy hulp. Hy herstel elke deel (rat) van ons op ‘n  wonderbaarlike wyse en sit elke deel weer terug in hul oorspronklike plek waar hulle was voordat die trauma gebeur het. Hy sit ons weer perfek aanmekaar!  Dit is moonlik om trauma volledig te verwerk en om op die punt van totale genesing te kom waar ons in oorwinning kan lewe – beide as mens en as Christen. Ek kan waarlik getuig daarvan in my eie lewe. Jesus is voorwaar ons geneesheer!

“Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes.  Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.”

Johannes 10:10

Kontak ons vandag vir boek bestellings

Ons het n reeks boeke beskikbaar en DVD’s op bestelling. Dit kan nou gedoen word van af ons web tuiste. 

Elizha Bediening

Kontak ons vandag vir verdere inligting rondom ons Bediening

Offcanvas

Plaas jou Bestelling

Bestellings Form

Edit Template
Offcanvas

Kontak ons!

Kontak Form

Edit Template

© 2024 Created by Climbing Venus Marketing