Elizha Logo

Plaas jou Bestelling

Bestellings Form

Edit Template

Vrae en Antwoorde

Voel vry om ons per e-pos te kontak as jy enige vrae het oor die selfhelp-proses. Daar is ‘n paar gereelde vrae hieronder. Wees verseker dat hierdie proses ‘n heel natuurlike een is. Jy gaan nie diep begrawe dele van jou siel opgrawe nie. Hierdie dele is ‘n daaglikse deel van jou lewe. Jy praat daagliks met hulle binne jou gedagtes. Telkens wanneer jy by jouself dink, ruil jy dikwels gedagtes met die dele van jou siel uit.

Soms, wanneer jy vind dat jy God bevraagteken, of wanneer negatiewe gedagtes net jou gedagtes binnekruip, is dit meestal jou dele wat hierdie gedagtes dink en met jou kommunikeer. Jy mag gedink het dat dit die vyand is wat hierdie sondegedagtes in jou gedagtes plaas. Dit is ‘n moontlikheid, maar meestal is dit net die gedagtes en emosies wat deur jou dele uitgedruk word.

Jy mag dikwels bevind dat jy op ‘n emosionele wipplank ry as gevolg van wat die dele van jou siel ervaar. As jy mooi daaraan dink, maak dit perfekte sin. Dink aan die kere waar jy werklik emosioneel af was. Dit is waarskynlik dat iets gebeur het wat die emosies vasgevang het in ‘n deel van jou siel.

Dink aan die kere waarin jy totaal minderwaardig gevoel het en dit skynbaar uit die bloute jou oorrompel het. ‘n Dag of twee later verdwyn hierdie emosies en voel jy weer soos jou ou self. Word ‘n speurder in jou eie lewe. Neem kennis van emosies en terugflitse wat onverwags na vore kom om later weer te verdwyn. Wees bewus van onverklaarbare emosies wat na vore kom, wat jy onderdruk, sodat jy net met jou lewe kan voortgaan.

Wanneer jou emosies heeltemal genees is, sal sulke dinge nie meer gebeur nie. Jou emosies sal baie meer stabiel wees. Ons Vader het die dele van ons siele in ons gebou, om ons te help om ons emosies te dra totdat ons hulle kan verwerk. Baie van ons emosies bly egter onverwerk omdat ons nie verstaan dat hulle verwerk moet word nie.

Probeer kalm bly en begin eenvoudig kommunikeer met jou dele. Jy doen dit in jou gedagtes. Vertel hulle dat hulle welkom is om met jou te praat en dat jy so gou as moontlik aan hulle sal aandag gee. Begin dan om “mapping” te doen, in ‘n boek wat jy spesifiek vir hierdie doel gebruik, of op jou rekenaar, as jy verkies. (Kyk DVD 3 wat hierdie proses van selfhelp beskryf).

Nee, meestal gaan jy eintlik nie iets ervaar nie. In die begin gaan jy bang wees dat jy jouself verbeel en self inligting uitdink. As jy onseker is oor wat gebeur, maar jy ervaar ook emosies, probeer kalm bly. As jy bid terwyl die emosies na vore kom, gaan die “memory” (gebeure wat in jou verlede plaasgevind het wat traumaties was) in jou gedagtes afspeel en die hele storie sal ontvou. Inligting kan na vore kom wat jy geen bewuste geheue van het nie. Dit is eintlik wat dissosiasie is. Toe daardie trauma plaasgevind het, het jy daardie trauma aan ‘n deel van jouself gegee om te dra en jouself verwyder van wat gebeur het. Dit is presies hierdie weggesteekte of gedissosieerde trauma wat jou emosioneel steeds laat struikel. Sodra jy daardie trauma kan teruggaan en verwerk, val die vesting en kan jou emosies heeltemal genees.

Normale dissosiasie, wat spontaan in ons lewens gebeur, word ordelik gestoor en ons dele wag totdat ons gereed is om dit te verwerk. Ons ontvang hierdie inligting maklik, kan dit verwerk en genesing kan volg. Daar sal baie min bewyse wees dat jy gedissosieer het. Jy sal nie tyd verloor gedurende die dag nie en jy sal waarskynlik ‘n normale lewe lei. Jy kan dus nie “switchl” nie. Dit beteken dat jy altyd in beheer is en jy ervaar slegs hierdie onaangename emosies wat na vore kom en jy het dikwels geen idee waarvandaan hulle kom nie. Mense wat egter in ‘n okkulte agtergrond grootgeword het, selfs as hulle nie bewus is daarvan dat hulle persoonlik betrokke was by die okkulte self nie, kan ook getraumatiseer word in die geestes wêreld. Hulle het gewoonlik dele wat “switch” (wat beheer neem en dinge doen wat jy nie bewus van is nie). So ‘n persoon sal items in hulle huis vind, en geen idee hê wanneer hulle dit gekoop het nie. Hy of sy sal waarskynlik ook baie min onthou van sy of haar kinderjare. Hierdie tipe dissosiasie word verwys na as SRA (Satanic Ritual Abuse) omdat hulle betrokke was by satanistiese rituele en tydens hierdie rituele so ernstig getraumatiseer was dat hulle gedissosieer het. Ongelukkig word wanneer ons na dissosiasie verwys, meestal net SRA-gevalle opgemerk. Hierdie mense sukkel regtig om geestelike volwassenheid te bereik en soek dikwels die hulp van pastorale beraders. Op hierdie manier het die kerk bewus geraak van dissosiasie. Meestal word dissosiasie beskou as ‘n seldsame probleem waar min mense mee sukkel. Die werklike stand van sake was grootliks onopgemerk in die kerk en dit is eerlik gesê gerieflik om voort te gaan in onwetendheid. Om te erken dat die meeste mense emosioneel gedissosieer het, is moeilik, omdat dit vereis dat ons persoonlik onsself vra wat in ons lewens gebeur het wat vir ons destyds traumaties was. Dikwels wil ons dit nie doen nie en hou ons vas aan die geloof dat dit mettertyd sal verdwyn en dat ons in staat sal wees om te vergeet wat agter ons is. Die vraag ontstaan egter: werk dit vir jou? As ons eenvoudig ‘alles wat in die verlede is vergeet’, bly die vraag onbeantwoord: hoekom is daar nog steeds so baie gebroke mense? Hoekom sien ons steeds soveel koerante met sulke opskrifte: “My man se donker kant” dan gaan dit alles oor ‘n predikant wat op Sondae preek, maar gedurende die res van die week gaan die mense wat saam met hom in sy huis bly deur die hel met hom? Dissosiasie is ‘n werklikheid en dit kan ons lewens ‘n nagmerrie maak. Weet net: daar is ‘n oplossing! Loof ons Vader hiervoor!

s

Kontak ons vandag vir boek bestellings

Ons het n reeks boeke beskikbaar en DVD’s op bestelling. Dit kan nou gedoen word van af ons web tuiste. 

Elizha Bediening

Kontak ons vandag vir verdere inligting rondom ons Bediening

Offcanvas

Plaas jou Bestelling

Bestellings Form

Edit Template
Offcanvas

Kontak ons!

Kontak Form

Edit Template

© 2024 Created by Climbing Venus Marketing