Elizha Logo

Plaas jou Bestelling

Bestellings Form

Edit Template

Ons Storie

Meer oor Ons:

Elizha het in 1990 uitgeroep na God, nadat sy wedergeboorte ervaar het. Sy het op daardie stadium reeds vir 12 jaar aan depressie gelei. Sy wou vir hom werk. Alhoewel, sy nie geweet het wat sy sou doen nie, het sy nie omgegee wat hy van haar sou vra nie, sy wou net met alles in haar God se wil doen.

God het haar geroep beantwoord en sy en haar gesin het verhuis vanaf Alberton na ‘n plaas buite Meyerton. Daar het God ‘n pad met haar gestap wat sy in haar wildste drome nie verwag het nie.

God het geestelik ‘n pad met haar gestap en haar opgelei. Hy het vir haar stap vir stap verduidelik wat dissosiaie is en wat Hy in Sy Woord daarvan se.

So is haar bediening gebore.

Sy het haar eie pad van genesing gestap en in haar worsteling met God het Hy vir haar dinge in Sy Woord gewys wat haar verstom het. Dit het alles ooreengestem met dit wat sy in haar eie en in ander se lewens ervaar het.

Vandag is dit steeds haar passie om mense te help en by te staan sodat hulle hul genesingspad kan verstaan en sodoende hulleself kan begin help. In die proses groei hulle geestelike en ontvang hulle dan emosionele genesing by die voete van Jesus en onder die leiding van die Heilige gees.

Alle eer aan ons Vader !

Waar my skrywersnaam vandaan kom:

Ek het gebid en aan ons Vader gevra onder watter naam ek moet skryf. Kunstenaars gebruik baie keer hulle nooiensvan en ek het gewonder wat ek sou doen.

In daardie tyd het ek een aand, terwyl ek tande geborsel het en nog so gewonder het, duidelik in Engels gehoor “Take my name and shield yourself”. Ek het dadelik geweet dat dit ons Vader was wat met my gepraat het. Ek het dadelik gevra “Vader hoekom praat U met my in Engels?” Sy antwoord was “As Ek in Afrikaans gepraat het, sou jy gedink het dat dit jou eie gedagtes is”. “Dit was so duidelik dat ek begin huil het.

Ek het geweet dat ons Vader wou he dat ek HA aan my naam moes sit, wat dan sou beteken dat Hy my sou beskerm.

My skrywersnaam het Elizha geword. Elize en HA gekombineer.

Vandag verkies ek om daardie naam te gebruik en ook so in ons Vader weg te kruip. Nie net vir Sy beskerming nie, maar ook omdat ek weet dat die eer vir hierdie inligting en openbaring aan Hom toekom en dat ek net die instrument in Sy hand is.

Ek verstaan heeltemal hoekom ons Vader vir my die naam Elizha gegee het. Hierdie is nie ‘n maklike bediening nie en ek glo wanneer die tonge teen my opstaan beskerm ons Vader my.

Ek loof Sy wonderlike naam en gee aan Hom al die eer!

Kontak ons vandag vir boek bestellings

Ons het n reeks boeke beskikbaar en DVD’s op bestelling. Dit kan nou gedoen word van af ons web tuiste. 

Elizha Bediening

Kontak ons vandag vir verdere inligting rondom ons Bediening

Offcanvas

Plaas jou Bestelling

Bestellings Form

Edit Template
Offcanvas

Kontak ons!

Kontak Form

Edit Template

© 2024 Created by Climbing Venus Marketing