Elizha Logo

Plaas jou Bestelling

Bestellings Form

Edit Template

Lees die verhaal:

Te midde van toeters wat blaas en mense wat hul oral heen haas, stap iemand ingedagte en wonder oor die lewe. Wonder hoekom so min mense regtig gelukkig is. Hoekom so min mense, ten spyte van die feit dat hulle weergebore is, in oorwinning lewe?

Mense op straat roep om hulp, hulle skreeu dit uit sonder woorde. Hul siele bloei maar hul stemme het stil geword want niemand luister nie. Niemand wil hoor nie! Hulle wat wel hoor, weet nie wat om te doen nie.

Depressie, woedeuitbarstings en angsaanvalle het algemeen geword, met wetenskaplike name afgerond. So asof dit n plek in die lewe moet hê, net soos slapeloosheid.

Geestelike bloeiende siele met gapende wonde is oral op pad na iewers – iewers waar daar rus en selfbeheersing is. Iewers waar daar liefde en omgee is.

Min besef dat iewers n plek is. n Plek van geestelike oorwinning wat net bereik kan word deur n ontmoeting met Hom wat aan die kruis gesterf het op Gólgota. n Ontmoeting met Hóm wat wonde genees, nie net fisies nie, maar ook bloeiende sielswonde. Sy naam is Jesus Christus van Nasaret!”

So het Elizha ook haar pad gestap na Iewers. Een aand op pad na Nêrens kort duskant 1991 het sy in haar donkerte in Sy Lig vasgeloop.

Min het sy geweet dat Hy wat almal se Redder is, met haar n pad sou stap, n pad wat nog nie voorheen gestap was nie. Dat Hy haar sou oplei en aan haar die slaggate in die pad sou wys. Dat Hy sy woord vir haar sou oopmaak en dat sy sou verstaan hoe die oorlog om die siel van die mens lyk en hoe dit geveg moet word. Hy het haar geleer hoe om die Woord Geestelik te interpreteer.

Nou, baie jare later, weet sy dat dit n wonderwerk was en dat daardie ontmoeting haar lewe onomkeerbaar verander het. Soveel so, dat dit haar grootste begeerte is om haar skepper en Redder te behaag. Om haar lewe n loflied aan Hom te maak en om dit wat Hy aan haar geopenbaar het, omtrent die genesing van mense se sielswonde, ook aan ander oor te dra.

Haar gebed is dat elkeen wat haar boek lees en na haar DVD’s kyk, hul genesingspad sal verstaan en dat Hy, wat haar aangeraak het, hierdie lering ook aan hulle sal oopmaak, sodat hulle bloeiende siele tot bedaring sal kom soos David gesê het in Psalm 131:2 “Waarlik, ek het my siel tot bedaring gebring en stilgemaak; soos n gespeende kind by sy moeder, soos n gespeende kind is my siel in my” (AOV)

KONTAK ONS VANDAG INDIEN U MEER WIL UITVIND

Elizha Bediening

Kontak ons vandag vir verdere inligting rondom ons Bediening

Offcanvas

Plaas jou Bestelling

Bestellings Form

Edit Template
Offcanvas

Kontak ons!

Kontak Form

Edit Template

© 2024 Created by Climbing Venus Marketing